OPTIMALE RYPHEID INLIGTINGSDAG - 19 OKTOBER 2010
Winetech in samewerking met die LNR Infruitec/Nietvoorbij en die SAWWV bied die 19de Oktober 2010 'n Optimale Rypheid Inligtingsdag aan in Robertson.
TITEL: Wat pars ek wanneer om die wyndoelwit te bevredig?
VENUE: Robertson Wynkelder en LNR Proefplaas/Robertson
Die voorlopige program sluit 'n lesing van proff Eben Archer en Kobus Hunter in, nl. Hoe verleng ek die tydsduur van optimale rypheid?
Daar sal ook 'n wynproe deur Lizelle Gerber aangebied word. 'n Besoek aan die Ryrigting- en plandwydteproef op die LNR Proefplaas word ook beplan.
Die finale program met verdere reëlings sal later uitgestuur word.
Copyright © 2007 AgriworldSA - All rights reserved. Disclaimer