Kleinhandelverkope van landboumasjinerie vir April 2009 was soos volg:
Maand
Persentasie
Jaar-tot-datum
Persentasie
April
verandering
April
verandering
2009
2008
%
2009
2008
%
Trekkers
304
668
-54.5
2061
2528
-18.5
Stropers
51
43
18.6
133
105
26.7
Trekkerverkope van 304 eenhede in April was byna 55% minder as die 668 eenhede wat verlede April verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou byna 19% laer as wat dit vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar was. Stroperverkope vir April is byna 19% hoër as stroperverkope verlede April en is steeds ongeveer 27% hoër vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
’n Kombinasie van faktore het daartoe gelei dat trekkerverkope aansienlik laer was in April. Eerstens was April ’n baie moeilike handelsmaand. Tweedens is April ’n stil maand ten opsigte van landbou-aktiwiteit. Soos genoem verlede maand, het die konsolidasie in die mark daartoe gelei dat potensiële kopers hul omstandighede met betrekking tot die aankoop van trekkers heroorweeg. Dit het beteken dat baie besluite oor aankope uitgestel is tot later. Omstandighede sal ongetwyfeld heroorweeg word sodra besonderhede oor oeste, die ekonomie en pryse duideliker is.
Stroperverkope bly goed in reaksie op die goeie oeste wat op die oomblik op land staan.
Leon Pretorius Voorsitter: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
Kontak: mnr. Leon Pretorius (011) 437-2600 of dr. Jim Rankin (011) 453-7249