Kleinhandelverkope van landboumasjinerie vir Augustus 2009 was soos volg:
Maand
Persentasie
Jaar-tot-datum
Persentasie
Augustus
verandering
Augustus
verandering
2009
2008
%
2009
2008
%
Trekkers
490
520
-5.8
3739
4749
-21.3
Stropers
13
20
-35.0
231
255
-9.4
Trekkerverkope van 490 eenhede in Augustus was 6% minder as die 520 eenhede wat verlede Augustus verkoop is. Trekkerverkope vir die jaar tot dusver is nou 21% minder as wat dit vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar was. Stroperverkope in Augustus was 35% laer as verkope in Augustus verlede jaar. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope 9% laer as wat dit vir dié tydperk verlede jaar was.
Die drie faktore wat in die afgelope maande genoem is as faktore wat verkope negatief beïnvloed, bly van toepassing. Dit bly moeilik om bankfinansiering te bekom, oespryse het afgeneem en potensiële kopers is steeds baie versigtig. Die volgehoue sterk rand het egter gelei tot ’n kopersmark en sekere maatskappye het pryse vir toerusting reeds verlaag. Ander verskaffers bied goeie kortings aan op toerusting. Dit lei daartoe dat verkope oor die korttermyn gestimuleer word. Boere sal in die toekoms kyk na die ontwikkeling van weerspatrone wat die komende aanplantseisoen vir somergewasse sal beïnvloed. Oor die algemeen word egter verwag dat verkope vir 2009 aansienlik laer sal wees as die buitengewone verkope verlede jaar.
Leon Pretorius Voorsitter: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
Kontak: mnr. Leon Pretorius (011) 437-2600 of dr. Jim Rankin (011) 453-7249