Kleinhandelverkope van landboumasjinerie vir Junie 2009 was soos volg:
Maand
Persentasie
Jaar-tot-datum
Persentasie
Junie
verandering
Junie
verandering
2009
2008
%
2009
2008
%
Trekkers
424
553
-23.3
2799
3563
-21.4
Stropers
25
39
-35.9
200
198
1.0
Trekkerverkope van 424 eenhede in Junie is byna 23% laer as die 553 eenhede wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou 21% laer as wat dit vir die vorige ooreenstemmende tydperk was. Stroperverkope vir Junie is 36% laer as verkope in Junie verlede jaar, maar is steeds marginaal hoër vir die jaar tot dusver.
Twee faktore is verlede maand genoem as aspekte wat verkope beïnvloed. Die eerste is dat banke huiwerig is om aankope van kapitaaltoerusting te finansier en dat potensiële kopers steeds "wag en kyk" voordat hulle toerusting aankoop. Die situasie is verder vererger omdat die oes van sekere somergewasse vertraag is deur laat reënval. Belangstelling binne die mark bly nietemin goed en dit bly tot ’n groot mate ’n kopersmark. Die meeste maatskappye is gretig om, afhangend van beskikbare voorraad en prysvlakke van spesifieke modelle, transaksies te beding.
Leon Pretorius Voorsitter: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
Kontak: mnr. Leon Pretorius (011) 437-2600 of dr. Jim Rankin (011) 453-7249