Kleinhandelverkope van landboumasjinerie vir Februarie 2010 was soos volg:
Maand
Persentasie
Jaar-tot-datum
Persentasie
Februarie
verandering
Februarie
verandering
2010
2009
%
2010
2009
%
Trekkers
527
762
-30.8
923
1 245
-25.9
Stropers
13
39
-66.7
19
52
-63.5
Trekkerverkope van 527 eenhede vir Februarie is byna 31% minder as die 762 eenhede wat verlede Februarie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 26% laer as verkope verlede jaar. Stroperverkope vir Februarie is aansienlik laer as verkope verlede Februarie. Huidige vergelykings tussen die onderskeie maande hou verband met goeie verkope in Januarie en Februarie verlede jaar. Sekere van dié verkope is oorgedra van die uitsonderlike verkope in 2008.
Die mark gaan gebuk onder die huidige lae graanpryse, wat veroorsaak word deur die sterk rand en die groot mielie-oes wat op die oomblik op land staan. Onlangse skerp afnames in graanpryse het ’n sterk invloed gehad op sentiment in die mark en boere is versigtig om geld te bestee aan kapitaalgoedere teen die lae graanprysvlakke terwyl kontanthulpbronne laag is. Marktendense vir verkope van landboumasjinerie behoort duideliker te wees nadat die oes van somergewasse begin het. Ramings vir trekkerverkope in 2010 in die bedryf is steeds sowat 5 000 eenhede, ongeveer 10% laer as verkope verlede jaar.
Leon Pretorius Voorsitter: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
Kontak: mnr. Leon Pretorius (011) 437-2600 of dr. Jim Rankin (011) 453-7249