Kleinhandelverkope van landboumasjinerie vir Januarie 2011 was soos volg:
Maand
Persentasie
Jaar-tot-datum
Persentasie
Januarie
verandering
Januarie
verandering
2011
2010
%
2011
2010
%
Trekkers
428
396
8.1
428
396
8.1
Stropers
10
6
66.7
10
6
66.7
Trekkerverkope van 428 eenhede in Januarie was 8.1% hoër as die 396 eenhede wat in Januarie verlede jaar verkoop is. Stroperverkope van 10 eenhede is aansienlik hoër as die 6 eenhede wat verlede Januarie verkoop is.
Trekker- en stroperverkope in Januarie was bemoedigend en weerspieël die huidige optimisme in die mark vir landboumasjinerie. Dit bly ’n kopersmark en met die onlangse verswakking van die rand, is daar kommer dat die pryse van ingevoerde toerusting binnekort sal begin styg. Pryse vir mielies, sojaboon en koring het in die afgelope maande verbeter en dit dra ook by tot optimisme in die mark. Boere gebruik die toegankliker bankfinansiering en huidige geleenthede in die mark om te belê in nuwe kapitaaltoerusting.
Volgens ramings in die bedryf sal trekkerverkope vir 2011 ongeveer, 5 000 tot 5 200 eenhede wees, soortgelyk aan verkope verlede jaar.
Lane Reynolds Voorsitter: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
Kontak: mnr. Lane Reynolds (082) 652-2501 begin_of_the_skype_highlighting (082) 652-2501end_of_the_skype_highlighting of dr. Jim Rankin (011) 453-7249 begin_of_the_skype_highlighting (011) 453-7249