Kleinhandelverkope van landboumasjinerie vir Januarie 2010 was soos volg:
Maand
Persentasie
Jaar-tot-datum
Persentasie
Januarie
verandering
Januarie
verandering
2010
2009
%
2010
2009
%
Trekkers
396
483
-18.0
396
483
-18.0
Stropers
6
13
-53.8
7
13
-53.8
Trekkerverkope van 396 eenhede in Januarie was 18% laer as die 483 eenhede wat in Januarie verlede jaar verkoop is. Stroperverkope vir Januarie was aansienlik laer as verkope verlede Januarie. Die maand-tot-maandvergelykings is gebaseer op goeie verkope verlede Januarie, na die buitengewone verkope in 2008.
Potensiële kopers van landboutoerusting is steeds omsigtig, ten spyte daarvan dat dit ’n kopersmark is. Vraag in die mark bly egter steeds redelik sterk. Klimaatstoestande in die meeste van die somergewasgebiede is redelik goed. Uit die ander fundamentele aspekte wat die mark beïnvloed, het oespryse oor die afgelope maande aansienlik afgeneem. Bankfinansiering lyk asof dit effens toegankliker is. Volgens ramings in die bedryf, behoort trekkerverkope in 2010 sowat 5 000 eenhede te wees, ongeveer 10% laer as verlede jaar.
Leon Pretorius Voorsitter: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
Kontak: mnr. Leon Pretorius (011) 437-2600 of dr. Jim Rankin (011) 453-7249