|
Press release
The Milk Producers’ Organisation (MPO) has expressed its appreciation of government's view that agriculture has the potential to become one of the largest job creators in the country. MPO chairperson, Mr Dèan Kleynhans, has welcomed the announcement by government and said the dairy industry is a significant multiplying factor in terms of job creation and, under ideal conditions, could become one of the most important contributors to the country’s gross domestic product.
“The MPO is looking forward to collaborate closely with government and to offer assistance in this regard. We have strong relationships with decision makers in various agricultural and related government departments and are in contact with role players on a daily basis. We would like to continue building on this positive and dynamic relationship,” he said.
“In addition, the MPO is constantly empowering and training around 2 500 farm workers and emerging farmers to not only engage in their daily activities with confidence but also to eventually be able to employ others.”
Enquiries: Mr Dèan Kleynhans, 082 894 0413
Die Melkprodusente-organisasie (MPO) het met waardering kennis geneem van die regering se standpunt dat landbou die potensiaal het om een van die grootste werkskeppers in die land te wees. Mnr. Dèan Kleynhans, MPO-voorsitter, het die aankondiging van die regering verwelkom en het genoem dat die suiwelbedryf ten opsigte van werkverskaffing ’n baie groot vermeningvuldigingsfaktor het en, in ideale omstandighede, een van die mees beduidende bydraers tot die land se bruto binnelandse produk kan wees.
“Die MPO sien daarna uit om baie nou met die regering saam te werk en is gerat om hulp aan te bied in dié verband. Ons het positiewe verhoudings met besluitnemers in verskeie landbou- en verwante regeringsdepartemente en het daaglikse kontak met rolspelers daar. Ons bou graag voort op hierdie positiewe en dinamiese verhouding,” het hy gesê.
“Hierteenoor is die MPO ook voortdurend besig met bemagtiging en lei ons jaarliks sowat 2 500 plaaswerkers en opkomende boere op om nie net hulle dagtaak met selfvertroue aan te pak nie maar ook om hulle eindelik in staat te stel om self mense in diens te neem.”
Navrae: Mnr Dèan Kleynhans, 082 894 0413
|