HOOFUITVOERENDE BEAMPTE VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE
Melkprodusente-organisasie gryp in
’n Groep besorgde produsente en verteenwoordigers van die MPO, SAMELKO en SSK het onder leiding van Bertus de Jongh, besturende direkteur van die MPO, in samewerking met prof. Mohammed Karaan, dekaan van die fakulteit Landbouwetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch, die naweek tydens ’n strategiese beplanningsessie onderneem om die huidige situasie van melkboere in die Overberg en omgewing te ondersoek. Hulle het na omgewingsfaktore wat aanleiding gegee het tot die heersende ekonomiese tendense gekyk om moontlike oplossings daarvoor te vind. Daarbenewens het die groep ook mikrofaktore ontleed wat gelei het tot die swak bedingingsmag van produsente.
Tydens die beplanningsessie is besluit op ’n ondersoek na die huidige vervoerroetes, die moontlikheid van ’n bestuursmeganisme t.o.v. melkvoorsiening, addisionele verwerkingskapasiteit in oorleg met produsente en vennootskappe met bestaande verwerkers en verwerkingsaanlegte.
Verskeie lede van die groep is getaak om terugvoering te gee insake vordering tydens ’n opvolgvergadering wat eersdaags sal plaasvind.
Vir nadere inligting, kontak Bertus de Jongh by 082 552 0594.
20 August 2010
MEDIA STATEMENT ISSUED BY BERTUS DE JONGH,
CHIEF EXECUTIVE OF THE MILK PRODUCERS’ ORGANISATION
Milk Producers' Organisation intervenes
A contingent of concerned farmers and representatives of the MPO, SAMELKO and SSK led by Bertus de Jongh, managing director of the MPO, in collaboration with Prof. Mohammed Karaan, dean of the faculty Agricultural Sciences at the University of Stellenbosch, assessed the current situation of dairy farmers in the greater Overberg region at a strategic planning session last weekend. They analysed environmental factors that led to current economic trends to find possible solutions for the current situation of dairy farmers in the region. In addition, the group also assessed micro factors that led to the poor bargaining power of producers.
During the planning session, it was decided to investigate current transport routes, the possibility of a management mechanism in respect of milk supply, additional processing capacity in consultation with producers and partnerships with existing processors and processing plants.
Several members of the group were tasked to provide feedback regarding progress during a follow-up meeting which will take place soonest.
For further information, contact Bertus de Jongh at 082 552 0594.