You are here: Home Article Archive Press Releases KAAP AGRI en FELCO snoer kragte saam
Product Navigation
Agri Processing
Barrels
Bottles
Bottling
Cellar Equipment
Chemicals
Closures
Distilling
Engineering / Construction
Farm Equipment
Farm Machinery & Implements
Fermentation
Field Crops & Horticulture
Live Stock
Office Equipment
Packaging Equipment & Material
Printing
Quality Assurance
Services & Consulting
Tourism
Vehicles
Washing Equipment
Winemaking Techniques
Commodity Prices
Grain   For grain prices and futures
click here
 
meat.jpg   For meat prices
click here
 
Wool   For wool prices
click here
Upcoming Events
Pietermaritzburg
2012-05-25
Champagne Sports Resort, Drakensberg
2012-06-05
Spier Conference Venue, Stellenbosch
2012-06-06
Rhodes, Eastern Cape
2012-07-14
Protea Hotel Kruger Gate, Mpumalanga, South Africa
2012-07-31
« May 2012 »
Su Mo Tu We Th Fr Sa
1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18 19
20 21 22 23 24 25 26
27 28 29 30 31
 
Document Actions
 

KAAP AGRI EN FELCO SNOER KRAGTE SAAM

April 2009


Sedert 1 Januarie 2009 het FELCO SA, met sy hoofkantoor in Switzerland, besluit om sy teenwoordigheid in Afrika te versterk onder die naam FELCO Africa. Dit is naas Switzerland, Duitsland, Australië, België en Frankryk, die sesde filiaal van FELCO.

Hierdie nuwe filiaal van FELCO word vanaf Bellville, net buitekant Kaapstad, bedryf. Gys Liebenberg, wat oor jare se ervaring in die verspreiding en bemarking van landbouprodukte beskik, en ‘n passie vir FELCO produkte het, is die bestuurshoof.

Kaap Agri is ‘n landboudienstegroep wat ‘n verskeidenheid produkte en dienste aan hoofsaaklik die landbousektor, maar ook die algemene publiek verskaf. Kaap Agri se infrastruktuur strek hoofsaaklik oor die Wes- en Noord-Kaap en sluit die Swartland, Boland, Wynland, Namakwaland, Oranjerivier, die Suidelike Namibië en die gebiede tussenin, in. Die 101 bedryfspunte strek oor 62 stede, dorpe en plekke, hoofsaaklik in die platteland, maar sluit ook verskeie takke in groter metropoolgebiede in, waar die boer, selfdoener, tuinier en die algemene publiek bedien word deur Agrimarkwinkels wat ‘n unieke koopervaring bied.

Kaap Agri, wat een van die grootste verspreiders van FELCO produkte in Suid Afrika is, het nou die mees omvattende  reeks FELCO produkte tot nog toe in Suid Afrika, beskikbaar. Oor die jare was die FELCO 4 die mees populêre skêr onder veral die boeregemeenskap en het die betrokke skêr in die vyftiger tot sewentiger jare bekendgestaan as die “Felco Popular”.

Vandag is daar ‘n wye verskeidenheid skêre en knippers beskikbaar vir verskillende applikasies en beroepsrigtings wat strek van die tuinier en huisvrou en bloemiste tot professionele snoeikontrakteurs en landskapspesialiste.

Die reeks sluit twaalf tipes snoeiskêre, waaronder ook elektroniese en lugdrukskêre, drie snoeisae, takskêre en veeldoelige skêre met ‘n breë aanwending in. ‘n Volledige reeks kabelknippers is ook nou beskikbaar en ‘n nuwe toevoeging is die “Essentiel” reeks snoeiskêre wat van die nuutste tegnologie gebruik maak, en spesifiek vir die huishoudelike mark ontwikkel is. Hierbenewens het FELCO ook hoefknippers waarvan die lemme behandel is om die oordrag van siektes en bakterieë van een dier na ‘n ander, te voorkom. Verder is die produkte ook beskikbaar vir linker- of regterhande, groot- of klein hande en alle onderdele is beskikbaar vir alle modelle.

‘n  Naverkopediens is op die volledige reeks produkte beskikbaar en onderdele is vir al die produkte verkrygbaar by elke Agrimark wat die betrokke produkte aanhou.

Gys Liebenberg is baie opgewonde oor die samewerking tussen FELCO en Kaap Agri en hy is vol vertroue dat dit grootliks gaan bydra tot die groter bewusmaking van en uitbreiding in kliëntebasis vir FELCO se volledige reeks produkte en dienste.

Volgens Sean Walsh, Direkteur : Bedryf van Kaap Agri, is hierdie strategiese alliansies tot voordeel van Kaap Agri se kliënte. “Kaap Agri wil verseker dat die waardeketting so effektief as moontlik bestuur word om sodoende waarde aan die kliënte oor te dra.” 

Klik hier om die Kaap Agri advertensie op hierdie websuiste te besigtig.

Klik hier om die FELCO advertensie op hierdie webtuiste te besigtig.


Copyright © 2007 AgriworldSA - All rights reserved. Disclaimer