|
Verkiesingsdatum val binne NAMPO Oesdag
Die datum vir die plaaslike regeringsverkiesing is deur mnr. Kgalema Motlanthe, Adjunk President, aangekondig as 18 Mei 2011. Hierdie datum val op die Woensdag van die NAMPO Oesdag wat vanaf 17 – 20 Mei 2011 duur.
Die NAMPO Oesdag-datum is ‘n vasgestelde datum op die landboukalender en vind jaarliks in die twintigste week van die jaar plaas. Ten tye van die gerugte dat die verkiesingsdatum moontlik binne die week van die NAMPO Oesdag kon val, was die meerderheid uitstallers reeds bevestig en ander reëlings reeds ver getref, wat dit onmoontlik gemaak het om die Oesdag-datums te wysig.
Graan SA neem dus kennis van die verkiesingsdatum, maar bevestig dat die NAMPO Oesdag ongelukkig sal moet voortgaan op die voorafbepaalde datums.
Ongelukkig sal geen stembusfasiliteite op NAMPO Park beskikbaar wees nie, aangesien kiesers in hul wyk van registrasie moet stem. Die vergunning vir voorafverkiesing is ook beperk tot die nooddienste. Stembusse is egter oop vanaf 07:00 tot 21:00, wat dit moontlik maak vir sommige Oesdaggangers om voor of nadat hulle die Oesdag besoek het, in hul wyke te gaan stem.
Graan SA vra omverskoning vir enige ongerief en moedig kiesers aan om so ver moontlik aan die verkiesing deel te neem.
8 Maart 2011
Bothaville
NAVRAE:
Johan Loxton
Bestuurder: Kommersiële Dienste
056 515 2145
Election date falls within NAMPO Harvest Day
The date for the local government elections was announced by Mr Kgalema Motlanthe, Deputy President, as 18 May 2011. This date falls on Wednesday of the Harvest Day which takes place from 17 - 20 May 2011.
The Harvest Day-date is a fixed date on the agricultural calendar and takes place annually during the twentieth week of the year. At the time when rumours that the election date might fall within the Harvest Day surfaced, the majority of exhibitors had already been confirmed and arrangements made, making it impossible for the Harvest Day dates to change.
Grain SA thus takes note of the election date, but confirms that the Harvest Day will unfortunately have to continue on the predetermined dates.
Unfortunately, no poll facilities will be available at NAMPO Park, as voters have to cast their vote in their district of registration. Pre-election votes are also limited to emergency services. Polls are open from 07:00 to 21:00, making it possible for some Harvest Day-goers to cast their votes before or after visiting the Harvest Day.
Grain SA apologises for any inconvenience and encourages voters to take part in the election if possible.
8 March 2011
Bothaville
ENQUIRIES:
Johan Loxton
Manager: Commercial Services
056 515 2145
|