|
False declarations regarding cattle exports from Namibia to South Africa continue.
Under-disclosures by the Namibian border continues despite the Namibian Meat Board assuring stakeholders less than a week ago that their controls are indeed effective.
Dr Hennie Kleynhans, managing director of Agri Inspec in Pretoria, said on 13 and 14 September, they identified two trucks exporting mature cattle from Namibia as weaners at 100 kg and 17 kg per calf respectively. Consequently, a meeting was arranged with Namibian meat authorities. At the meeting on 20 September with Namibia’s Red Meat Producers Organisation, Agricultural Producers’ Organisation, Namibian Agricultural Union and the Namibian Meat Board, it was agreed that proper border control is essential.
Despite these discussions, Agri Inspec conducted a random test on 27 and 30 September 2010 and identified two trucks on which weaners of 21 kg and 17 kg respectively were declared. “It is clear that continued false declarations regarding weaners exports are continuing,” said Dr Kleynhans. “These blatant false declarations are still continuing and lead to frustration when applying fair trade between the Namibian and South African meat industries.”
Under Namibian law, a 30% levy applies to exporting mature cattle and it seems the exporter is evading this levy by making false declarations. Namibian cattle are then fed in South Africa and sold.
END
More information: Dr. Hennie Kleynhans 082 879 3995
Volgehoue wanverklarings ten opsigte van bees-uitvoere vanaf Namibië na RSA duur voort.
Onderverklarings by die Namibiese grenspos duur voort al het die Namibiese Vleisraad skaars ’n week gelede aan belangegroepe die versekering gegee dat hulle beheermaatreëls doeltreffend is.
Dr. Hennie Kleynhans, besturende direkteur van Agri Inspec in Pretoria, sê dat hulle op 13 en 14 September op twee trokke afgekom het wat volwasse beeste as speenkalwers teen 100kg en 17kg onderskeidelik per kalf vanuit Namibië uitvoer. Daar is toe met die buurland se vleisbeheerliggame geskakel en tydens ‘n vergadering op 20 September waar die Rooivleisprodusente-organisasie, Landbouprodusenteorganisasie, Namibiese Landbou-unie en die Namibiese Vleisraad teenwoordig was, is ooreengekom dat ernstige grensbeheer noodsaaklik is.
Ten spyte van al hierdie samesprekings het Agri Inspec op 27 en 30 September 2010 ’n steekproef gedoen en op twee trokke afgekom waar sogenaamde speenkalwers onderskeidelik teen 21kg en 17kg per kalf verklaar is. “Dit is duidelik dat volgehoue wanverklarings ten opsigte van speenkalwer-uitvoere voortduur,” sê dr. Kleynhans. “Hierdie blatante wanverklarings word steeds toegelaat en lei tot frustrasies met die toepassing van regverdige handel tussen Namibiese en Suid-Afrikaanse vleisbedrywe.”
Volgens Namibiese wetgewing word ‘n 30% heffing op die uitvoer van volwasse beeste gehef en dit lyk of die uitvoerder hierdie heffing ontduik met die wanverklarings. Die Namibiese beeste word dan in Suid-Afrika vet gevoer en verkoop.
EINDE
Meer inligting: Dr. Hennie Kleynhans 082 879 3995
|