|
21 Junie 2010
PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR DR HENNIE KLEYNHANS,
BESTURENDE DIREKTEUR VAN AGRI INSPEC
Agri Inspec vlek onwettige vee- en vleisinvoere oop
Die moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, het die afgelope jaar en 'n half verskeie sake van onwettige handel in lewende hawe en vleis vanuit Afrika na Suid-Afrika ondersoek.
Die grootste smokkelhandelprobleem van veral skaap spruit veral uit Namibië en beïnvloed veral die skaapbedryf. Dit sluit ook die onwettige invoer van vleis en speenkalwers in.
"Smokkelhandel van lewende hawe vind tans op so 'n skaal plaas dat dit enige reëlingskema oneffektief maak,” sê Kleynhans.
Tans bepaal die huidige skema dat slegs een lewende skaap na Suid-Afrika uitgevoer mag word vir elke ses skape wat in Namibië geslag is.
Volgens Agri Inspec se ondersoek blyk hierdie verhouding van 1:6 nader aan 1:4 of selfs erger te wees weens die smokkelhandel wat onverpoosd voortgaan. Die maatskappy en sy kliënte in Namibië en Suid-Afrika se doelwit is om dringend die ware stand van sake aan die betrokke rolspelers en besluitnemers in beide lande bloot te lê.
Agri Inspec Moniteringsdienste het ‘n mandaat van verskeie kliënte in Suid-Afrika en buurlande om namens hulle billike handelspraktyke te verseker.
Rig alle navrae oor Agri Inspec se dienste aan info@agriinspec.co.za of kontak Hennie Kleynhans by hk1@iafrica.com of 082 879 3995.
Einde
|