You are here: Home Article Archive Dairy Borsmelk van GM-bokke?
Product Navigation
Agri Processing
Barrels
Bottles
Bottling
Cellar Equipment
Chemicals
Closures
Distilling
Engineering / Construction
Farm Equipment
Farm Machinery & Implements
Fermentation
Field Crops & Horticulture
Live Stock
Office Equipment
Packaging Equipment & Material
Printing
Quality Assurance
Services & Consulting
Tourism
Vehicles
Washing Equipment
Winemaking Techniques
Commodity Prices
Grain   For grain prices and futures
click here
 
meat.jpg   For meat prices
click here
 
Wool   For wool prices
click here
Upcoming Events
Pietermaritzburg
2012-05-25
Champagne Sports Resort, Drakensberg
2012-06-05
Spier Conference Venue, Stellenbosch
2012-06-06
Rhodes, Eastern Cape
2012-07-14
Protea Hotel Kruger Gate, Mpumalanga, South Africa
2012-07-31
« May 2012 »
Su Mo Tu We Th Fr Sa
1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18 19
20 21 22 23 24 25 26
27 28 29 30 31
 
Document Actions
 
Borsmelk van GM-bokke?


Wetenskaplikes in Rusland is besig om bokke geneties te modifiseer om dieselfde melk as vroue te produseer. Die bokke word op 'n plaas naby Moskou geteel om hoë vlakke van die proteïen laktoferrien in hul melk te lewer.

Dié proteïen kom in vroue se melk voor. Dit help om babas se immuunstelsels op te bou en is soortgelyk aan 'n antibiotikum. Die projek is aangepak nadat wetenskaplikes van Rusland en Belarus vasgestel het dat die vroulike nasate van manlike muise waarin menslike gene ingeplant is, hoë vlakke van laktoferrien in hul melk het.

Mnr. Igor Goldman, hoof van die transgenebank by die Russiese wetenskap-akademie, sê in dié geval is geneties gemodifiseerde melk 'n vorm van medisyne eerder as voedsel. Dit is nie ongekend om transgeniese diere te gebruik om menslike proteïne, soos insulien, te produseer nie. "Proteïne in dié vorm is die beste medisyne wat God geskep het. Dit is natuurlik en ons het dit reeds in ons liggame. Jy ondervind geen allergieë nie en daar is geen newe-effekte nie."

Soortgelyke projekte is in China en Nederland aangepak. In eersgenoemde word bokke ook gebruik, maar in Nederland is 'n transgeniese bees geteel om laktoferrien te lewer.

Bron:
The Daily Mail(The Daily Mail)
Russia Today (Russia Today)

17 Februarie 2009
www.landbou.com

Copyright © 2007 AgriworldSA - All rights reserved. Disclaimer